Thursday, March 25, 2010

‘Dis raad se skuld dat my seun sterf’


2010-03-24 22:36
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Beeld op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel

Die oop stormwaterpyp waar Ntokozo Gama (6) ingeval en weggespoel het, word deur lede van die polisie se binnelandse watervleuel en Ekurhuleni-nooddienste ondersoek. Sy lyk is gistermiddag in ’n rivier daar naby opgespoor. Foto: Wolfram Zwecker

Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's
Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's


Wolfram Zwecker
’n Pa blameer die toestande in die woonbuurt, asook owerhede se onvermoë om onder meer die stormwaterpype te beveilig, vir die dood van sy seuntjie.

’n Bitter mnr. Sibusiso Gama (32) van Tembisa het dit gisteroggend gesê nadat sy seuntjie, Ntokozo (6), in ’n oop stormwaterpyp geval en verdrink het.

Ntokozo het eergistermiddag saam met sy suster, Ntom­bikayise (12), in die Phomolong-gebied van Tembisa langs Kempton Park huis toe gestap toe hy by die oop stormwaterpyp gegly en ingeval het.

Die water het sterk geloop ná ’n reënbui.

Ntombikayise wou Ntokozo nog gryp, maar kon hom nie vashou nie.

Die Ekurhuleni-nooddienste se hulp is kort daarna ingeroep, maar teen 19:00 is die soektog na die kind afgelas.

Gisteroggend het brandweermanne en lede van die polisie se binnelandse watervleuel weer met die soektog begin.

Teen 10:00 het hulle die stormwaterpyp weer stelselmatig ondersoek tot waar dit in ’n riviertjie uitmond. Daarna is die rivier ook stelselmatig ondersoek.

Volgens mnr. Roggers Mamaila, nooddienswoordvoerder, het twee inwoners die ­lykie gistermiddag in digte riete gekry toe hulle die rivier oorgesteek het.

“Ek blameer die toestande hier,” het Gama gesê.

“Dis onveilig vir kinders. Oral is daar gate waar hulle kan inval. Die grond was nat waar Ntokozo gegly en geval het.

“As daardie stormwaterpyp beveilig was, selfs net met ’n stuk draad, het hy nie weggespoel nie en het ek nie vandag hier gestaan nie,” het hy gesê.

“Dit was ’n lang nag. Jy begin besef die ergste het gebeur, maar hier binne hou jy aan hoop.”

Beeld

Kommentaar deur Sonny

Is dit waarvoor ons belasting betaal?

No comments:

Post a Comment