Monday, March 15, 2010

Oud-polisieman steel glo R170 K se beeste


Oud-polisieman steel glo R170K se beeste

2010-03-15 20:29

Verwante skakels
Boer opgesluit na skietery met veediewe
Slagter in hegtenis oor gesteelde vee
SAPD-lid vas oor veediefstal
Johannesburg - 'n Voormalige polisiebeampte moes Maandag in Zeerust se landdroshof verskyn ná hy glo vee ter waarde van R170 000 gesteel het.Volgens supt. Lesego Metsi van die Noordwes-polisiediens is 97 beeste, ter waarde van R322 000, in Desember op 'n plaas in Ottoshoop, naby Mafikeng, gesteel."Sestig van die beeste is verlede naweek in Dinokana, naby Zeerust, gevind," het Metsi gesê."Twee mans is in hegtenis geneem en van veediefstal aangekla."'n Verdere 31 beeste, ter waarde van R166 500, is in Bray, naby die grens tussen Suid-Afrika en Botswana, opgespoor. Die 47-jarige voormalige polisiebeampte is voorts in hegtenis geneem.Volgens Metsi is die beampte in Oktober 2009 uit die polisie geskors nadat hy van veediefstal aangekla is.Die betrokke saak, in Vryburg, is nog nie afgehandel nie.- Sapa
Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar
Lees meer oor: misdaad veediefstal

No comments:

Post a Comment