Friday, March 19, 2010

Boer wag dat Malema hom skiet




Boer wag dat Malema hom skiet


2010-03-19 14:01

Pretoria – Julius Malema, die president van die ANC-jeugliga, het Vrydag nog nie opgedaag om ‘n “boer” by Fort Schanskop suid van Pretoria te skiet nie.Ben Geldenhuys, die nasionale sekretaris van die Verkenners Beweging, het vir Malema gewag om hom te kom skiet, maar Malema het teen 12:30 nog nie opgedaag nie.Geldenhuys het Malema verlede week uitgedaag om hom te skiet nadat dié omstrede jeugleier “skiet die boer” gesing het.Geldenhuys het gesê dat as Malema so gretig was om ‘n boer te skiet, “kan hy kom en my skiet eerder as om ander mense op te sweep om weerlose bejaarde boere en vroue te vermoor.“Om dit vir hom maklik te maak sal ek by Fort Schanskop vir hom wag om 12:00 op 19 Maart,” het hy verlede week gesê.“Ek het nie ingegee nie, ek sal wag,” het Geldenhuys gesê terwyl hy Vrydag vir Malema gewag het.Ishmael Mnisi, ANC-woordvoerder, het gesê dat Geldenhuys en sy organisasie met Malema moet “gesels” en hom ‘n geleentheid gee om homself uit te druk.“Hierdie is net ‘n beheptheid met iets verregaande,” het hy gesê en bygevoeg dat enige verdere navrae aan die jeugliga gerig moet word.Floyd Shivambu, die jeugliga se woordvoerder, was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie. Hy het verlede week gesê dat die liedjie “uit proporsie geblaas is.”- Sapa

No comments:

Post a Comment