Tuesday, March 23, 2010

Petrolskok op pad




Petrolskok op pad


2010/03/23 03:17:00 PM
Hoofberigte
Petrolskok op pad


Mar 23 2010 15:17
Die volgende petrolverhoging sal na verwagting verbruikers se sakke erg skud, sê die departement van energie.
Suid-Afrikaners skrik nie vir aanlyn-koopMar 23 2010 15:58
Tot 77% van Suid-Afrikaners met toegang tot die internet, koop aanlyn en het dit in die afgelope drie maande gedoen.
Kragdiewe kos Eskom baieMar 23 2010 16:03
Eskom het in die finansiële jaar 2008/2009 tot 5 850 gigawatt ure se elektrisiteit verloor weens onwettige konneksies.

Johannesburg. – Die volgende petrolverhoging sal na verwagting verbruikers se sakke erg skud weens die rand se wisselvallige vertoning en die bekendstelling van heffings, het die departement van energie Dinsdag gesê.
“Die departement sal die verhoging volgende week bekend maak, maar dit is tans spekulatief,” het mnr. Bheki Khumalo, woordvoerder, gesê oor berigte wat dui op ’n verhoging van 50c per liter.
Weens die wisseling in die rand/dollar-wisselkoers, sal die onderverhaling egter minstens 25c per liter en 23c per liter vir diesel wees.
Volgens die departement van energie se webwerf, sluit die prys wat pompe betaal word die koste van die vervoer van petroleumprodukte na Suid-Afrika, versekering, agente se fooie, die koste van hawe-fasiliteite en die berging by terminale in.
Onderverhalings vind plaas wanneer die wisselkoers slegter is as wat beplan is, wat dollars duurder maak en daartoe lei dat die regering meer vir brandstof betaal.
Ander heffings, wat vroeër vanjaar deur mnr. Pravin Gordhan, minister van finansies, bekend gemaak is, gaan 7 April in werking tree.
Dit sluit in ’n heffing in brandstofbelasting van 25,5c per liter, wat bestaan uit 7,5c wat gaan vir ’n nuwe brandstofpypleiding tussen Durban en Gauteng en ’n verdere 8c vir die Padongelukkefonds, tesame met die 64c wat hy reeds ontvang van elke liter brandstof.
Suid-Afrikaanse vebruikers is reeds onder druk met elektrisiteitsverhogings wat ook om die draai is. – Sapa

No comments:

Post a Comment