Friday, March 26, 2010

Malema met die dood gedreig
















Malema met die dood gedreig





2010-03-26 15:11
Verwante skakels
Ek leef van aalmoese – Malema
Klagtes stroom in oor Julius se liedjie
Malema-blad van Facebook verwyder
Johannesburg - Die Pan Africanist Youth Congress (Payco) het gedreig om die leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, dood te maak as hy nie om verskoning vra omdat hy die land mislei het oor die Sharpeville-opstand nie."As Malema nie binne vyf dae om verskoning vra nie, gaan ons hom so ernstig beseer dat hy aan sy wonde beswyk. Hy sal of in die hospitaal of in 'n lykhuis opeindig," het Pitso Mphasha, president van Payco, gesê.Malema het gesê die gebeure van Sharpeville ­“behoort” aan die ANC en nie aan die PAC nie en dat die PAC dié gebeure "gekaap" het.Dít is 'n manier om Malema dissipline op die militante manier te leer, het Mphasha gesê.Hy het ook die regering 10 maande gegee om die naam van Menseregte-dag na Sharpeville-dag te verander.Mphasha het gewaarsku dat die PAC die land gaan "omkeer" as die regering nie luister nie.– Sapa
Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar
Lees meer oor: politiek julius malema

No comments:

Post a Comment