Monday, March 29, 2010

Aarto kan derduisende sonder rybewys laat


Aarto kan derduisende sonder rybewys laat

2010/03/28 03:50:00 AM Antoinette Slabbert
Verwante artikels
Verkeerswet-kopsere só getakel
Dis hoe nuwe tolpaaie werk
Vakverbond tree op teen verkeersoortredingstelsel

;Hoofberigte
Bierbrouers begin groot oorlogMar 28 2010 03:55
Dit is nou oorlog in die plaaslike biermark nadat SABMiller dié week die eerste keer in baie jare ’n behoorlike mededinger gekry het.
Aarto kan derduisende sonder rybewys laatMar 28 2010 03:50
Die owerheid sou sedert April verlede jaar byna 40 000 motoriste se rybewyse opgeskort het as die strafpuntstelsel vir verkeersoortredings in Johannesburg gegeld het.
Quo vadis, Trevor Manuel?Mar 28 2010 03:50
Voorstanders van ’n linksgesinde benadering tot ekonomiese ontwikkeling het die week op die oog af ’n belangrike sege behaal met die aanstelling van ’n swaargewig-adviesraad deur mnr. Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling.

Pretoria. - Die owerheid sou sedert April verlede jaar byna 40 000 motoriste se rybewyse opgeskort het as die strafpuntstelsel vir verkeersoortredings in Johannesburg gegeld het.
Só sê ingeligte bronne wat uit vrees vir viktimisasie anoniem wil bly, maar bekommerd is oor die uitwerking wat dié beplande stelsel op die land se ekonomie kan hê.
Dié stelsel is deel van die Wet op die Administratiewe Beregtiging van Verkeersoortredings (Aarto) wat tans in Pretoria en Johannesburg getoets word.
Hiervolgens kry motoriste strafpunte vir verkeersoortredings en hulle verloor hul rybewys vir drie maande sodra hulle 12 punte het.
Tot dusver word strafpunte nog nie in dié twee stede toegeken nie.
Die wetgewing word egter later vanjaar landwyd van krag, met strafpunte en al.
Mnr. Jaco Kleynhans, woordvoerder van Solidariteit, sê dié syfer kan rampspoedige gevolge vir die ekonomie inhou. Die 40 000 mense is volgens hom waarskynlik ekonomies aktiewe mense wat die ekonomie aan die gang hou.
Volgens Sake24 se bron het die meeste van dié bestuurders hulle skuldig gemaak aan geringe oortredings soos dubbelparkering, waarvoor ’n punt op ’n slag toegeken is. Gou het die betrokke persoon 12 punte opgebou, wat beteken sy rybewys word vir drie maande opgeskort. Kleynhans sê baie bestuurders, soos afleweraars, kan nie anders as om dubbel te parkeer nie, omdat daar bloot nie genoeg parkeerplek beskikbaar is in die middestad nie.
Die vakbond gaan die kwessie met die regering bespreek en dit deur sy burgerregte-inisiatief, Afriforum, takel. Solidariteit se protes kom nadat die vakverbond Fedusa gesê het hy gaan die kwessie by die nasionale ekonomiese, ontwikkeling- en arbeidsraad (Nedlac) opper en vra vir ’n moratorium op Aarto.
In ’n verslag aan Johannesburg se burgemeesterskomitee wys die metropolisie op verskeie administratiewe probleme met Aarto-toepassing.
Die forum van metropolisiehoofde het in Augustus verlede jaar hul kommer in ’n memorandum aan die minister van vervoer te kenne gegee, glo met weinige gevolge.
Sake24 verneem dat hulle op 1 Julie Aarto, sonder die strafpunte, in die ander metrogebiede wil begin toepas en in November wil hulle die volle wetgewing met strafpunte landwyd begin toepas.
Die Johannesburgse burgemeesterskomitee het verneem die aanvoorprojekte is nog nooit hersien sodat daaruit geleer kon word nie.
Hulle word gewaarsku teen “yslike regsimplikasies vir alle betrokke partye” as voortgegaan word met die toepassing van die wet, terwyl alle meganismes en prosedures nie aan die wetlike vereistes voldoen nie.
Minstens een werkgewer-organisasie het glo al gedreig met hofstappe om die toepassing van Aarto in sy huidige formaat stop te sit.
“Dít kan lei tot ’n tydperk waarin die bestaande strafproseswet, asook Aarto, van nul en gener waarde sal wees nie.”

No comments:

Post a Comment