Thursday, March 18, 2010

Moenie agterbly,ruk jou reg en presteer jouself in voorspoed in


Moenie agterbly, ruk jou reg en presteer jouself in voorspoed in

deur Chrisvis van Witbank
2010-03-17 22:50
Prof. Coetzee se antwoord oor waarom die Afrikaner bo uitkom, het betrekking.Baie mense beskou diefstal en roof blykbaar as aanvaarbaar – jy moet net beweer jy is daartoe gedryf deur honger, gebrek of apartheid.Laat ons dus maar vandag oor ’n paar sake reguit praat: ’n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie – jy steel omdat jy skelm is. Niemand was nog ooit in dié land so volledig onderdruk soos die Afrikaner ná die Tweede Vryheidsoorlog nie. Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe oorleef het, het na die doodse leegheid van vernietigde plase teruggekeer – uitgehonger, hartseer en verpletter.Maar hulle het nie geroof, gemoor en gesteel nie.Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë en swaarkry so presteer dat hulle weldra nie net hulself nie, maar ook hul mede-landsburgers goed kon versorg. Toe hul kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is as hulle dit durf waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie klippe gegooi en skole afgebrand en geweld gepleeg nie. Hulle het hard geleer, hul eie CVO-skole gestig en uiteindelik bo uitgekom sodat die Afrikaner vandag vir niemand op akademiese, tegnologiese of wetenskaplike gebied terug hoef te staan nie. ’n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is nie – ’n mens moor omdat jy iemand is wat nie verdien om deel van die samelewing te wees nie. Ná die Tweede Vryheidsoorlog het Afrikanermynwerkers absoluut geen regte gehad nie en hulle moes hul gesinne met minder as ’n hongerloon probeer onderhou. Maar hulle het nie bejaardes gaan doodmartel en gesinne uitgemoor nie. ’n Mens word nie ’n agtergeblewene omdat iemand anders nie genoeg vir jou doen nie. ’n Mens word ’n agter-blyer omdat jy nie presteer nie. Niemand het die Afrikaner ná die Tweede Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie. Ons het self gewerk en volhard om sukses te behaal. En elke ding wat ons het, het ons verwerf. As alles altyd vir jou verkeerd loop sodat jy voel jy maak nooit vordering nie, is dit dalk ’n goeie gedagte om op te hou soek wie anders as jy self vir al jou ellende verantwoordelik is. Ruk jou reg en presteer jouself in voorspoed in. En dit geld ons eie mense ook. Net ons eie werk, prestasie en geloof gaan bepaal of ons as agterblyers in die vergetelheid gaan wegsink en of ons weer as ’n trotse, beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan. Selfs in die nuwe Suid-Afrika is daar steeds geleenthede vir vindingryke, geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk en vir hulself ’n toekoms los te spook. Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie
( Beeld )

No comments:

Post a Comment