Monday, March 15, 2010

Ligte af as Eskom nie lening kry nie


Ligte af as Eskom dié lening nie kry

2010/03/15 07:05:00 AM Jean-Marie de Waal

Verwante artikels
Eskom glimlag oor Busa-steun
Franse minister luister met 'n sake-oor na Hogan
Totsiens, ekonomie, maan Hogan

Hoofberigte
Nuwe reguleerder word nie oorweegMar 15 2010 13:52
Die nasionale tesourie sê hy oorweeg dit nie om ’n nuwe reguleerder vir banke op te stel nie.
Departement wil grondhervorming bespoedigMar 15 2010 12:57
Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming sê sy departement is tans besig om moontlikhede te ondersoek om die verkryging van grond vir grondhervorming te bespoedig en om dit goedkoper te verkry.
HCI melk sy Clover-belangMar 15 2010 10:04
Hosken Consolidated Investments (HCI) het ’n ongelukkige verhouding met Clover winsgewend afgesluit.

Kaapstad. - Word die Wêreldbanklening van bykans $4 miljard vir Eskom nie toegestaan nie sal dit een van die “mees tragiese” dinge wees wat al met Suid-Afrika gebeur het.
Dit sal die ekonomie verwoes, die land in gereelde donkerte dompel en verbruikers sal nóg meer moet betaal om die hoeksteen van die land se energiesekuriteit tot 2013, die nuwe Medupi-basiskrag?stasie in Limpopo, te voltooi.
Só sê me. Barbara Hogan, minister van openbare ondernemings, en me. Dipuo Peters, minister van energie.
Dié ministers het ’n dringende perskonferensie byeengeroep na aanleiding van mediaberigte oor veral Amerika se teenstand teen die toekenning van die lening as gevolg van omgewingsdrukgroepe wat meen die lening moenie vir die bou van steenkoolkragstasies aangewend word nie.
“Ons is oortuig, nee, eerder absoluut vasberade ons gaan dié lening kry,” het Hogan gesê.
Die Wêreldbank sal na verwagting rondom 8 April sy besluit neem.
Brittanje het ook aanvanklik die toekenning van die lening gekap, maar dit lyk nie asof daar tans “merkwaardige teenstand” is nie. Na verwagting gaan Amerika buite stemming bly en het beloof om nie teen die lening te stem nie.
Frankryk het aangedui hy sal ten gunste van die lening stem. Hogan het gesê die Wêreldbank steun die lening. Almal besef hoe belangrik Suid-Afrika vir die res van Afrika is.
In ’n kort verklaring van die Amerikaanse diplomatieke diens in Suid-Afrika is gesê die Amerikaanse tesourie kyk tans na die Eskom-leningvoorstel. Burgerlike groepe in Suid-Afrika en Washington, asook die Suid-Afrikaanse regering se argumente is aangehoor.
Hogan het gesê die regering is bekommerd oor die wanbegrip oor sy energiebeleid en het herhaaldelik die regering se verbintenis tot skoon energie beklemtoon.
Die lening behels $3,05 miljard vir Medupi – Afrika se eerste skoon-steenkoolkragstasie van 4 800MW, sowat $260 miljoen vir belegging in hernieubare energie (100MW windkrag en 100MW sonkrag) en $485 miljoen vir belegging in laekoolstof-oplossings vir die vervoer van steenkool (’n skuif van pad- na spoorvervoer). Hogan glo dít gaan ’n merkwaardige stap wees in die toepassing van die LTMS-plan (langtermyn-versagtingsmaatreëls) om klimaatsverandering te bestry.
Sy het gesê die lening is vir ’n spesifieke beleggingsprojek en nie ’n ontwikkelingslening wat makro-ekonomiese voorwaardes van die Wêreldbank bevat nie. Suid-Afrika het hom tydens die Verenigde Nasies se Kopenhagen-klimaatsonderhandelinge daartoe verbind om sy kweekhuisgasvrystellings teen 2020 met 34% en teen 2024 met 42% te verminder van ’n sake-soos-gewoonlik-scenario af.
Hogan het gesê volgens die LTMS-plan word ’n hoogtepunt in vrystellings teen 2020 verwag. Daarna behoort dit te stabiliseer en van 2035 te daal. Die LTMS-plan sluit Medupi en die ander beoogde nuwe kragstasie, Kusile, in omdat hulle ontwerp is om meer energiedoeltreffend te wees.
Die tweede weergawe van Suid-Afrika se kragplan behoort in Junie afgehandel te wees en lê klem op die insluiting van kernkrag en hernieubare energie in die energiemengsel wat Suid-Afrika ná 2013 moet hê, het Peters gesê. Die bestaande hulpbronplan fokus meer op die vestiging van ’n grootskaalse en voldoende basiskragstelsel teen 2013.

No comments:

Post a Comment