Wednesday, March 31, 2010

Oud-hoof (80) in haar woonstel keelaf gesny







Oud-hoof (80) in haar woonstel keelaf gesny



2010-03-31 07:24

Verwante skakels
Plaasvrou koelbloedig vermoor
Bejaarde vermoor in rooftog
Man wat glo Ikeys-student vermoor in hof
Linda de Beer, Beeld.Johannesburg - ’n Bejaarde oudhoof van die Hoër Meisieskool Hugenote in Springs, is met haar keel afgesny in haar woonstel in Potchefstroom gekry.Dr. Hilda Kotzé, wat op 19 Maart haar 80 geword het, se hande en knieë was met ’n vadoek vasgebind waaroor kleefband geplak was.Sy is in ’n sit/hurkposisie langs haar bed gekry met die enkele snywond aan haar keel, het kapt. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, gesê.’n Aanryete-afleweraar van Potchefstroom se dienssentrum vir bejaardes het op Kotzé se lyk in die Siesta-woonstelle op die hoek van Retief- en Walter Sisulustraat afgekom. Sy was in slaapklere en ’n kamerjas geklee.Die afleweraar het volgens Myburgh onraad gemerk toe die ete wat hy die vorige dag afgelewer het nog voor die deur gestaan het. Die deur was nie gesluit nie.Antoinette Christiani, opsigter van die woonstelle, het gesê Kotzé het langer as tien jaar daar gebly.Sy was ’n stil, private mens en “hoogs geleerd”. Sy het verlede jaar nog ’n onderskeiding behaal in ’n Latyn-eksamen.Die moord is waarskynlik die naweek gepleeg. Die moordenaar/s het moontlik toegang tot die woonstel gekry deur ’n deur wat nie gesluit was nie.Die polisie ondersoek ook ’n saak van huisroof, hoewel dit nog moeilik was om te bepaal wat uit die woonstel vermis word, het Myburgh gesê.Kotzé word oorleef deur twee broers, Len en Sakkie. - Beeld
Lees meer oor: misdaad moorde

No comments:

Post a Comment