Wednesday, March 24, 2010

Betogers brand Kerk en huise af








Betogers brand kerk en huise af



2010-03-23 23:17



Sowat 8 000 inwoners van Mpumalanga het gister die Moloto-pad met naamborde, brandende motorbande, rommel en klippe versper. Foto: Jaco Marais

Die polisie hou betogers in Mamelodi dop. Foto: Lisa Hnatowicz

Die polisie staan gereed nadat duisende inwoners van die Phomolong-township in Mamelodi-Oos aan gewelddadige protesoptogte deelgeneem het. Foto: Lisa Hnatowicz

’n Betoger word in Mamelodi gearresteer. Foto: Lisa Hnatowicz

Duisende betogers hou die polisie in Mamelodi dop. Foto: Lisa Hnatowicz

Metropolisielede brand met rubberkoeëls op die skares in die Phomolong-township in Mamelodi-Oos los nadat die mense hulle met klippe bestook het. Foto: Lisa Hnatowicz

Image 1 of 9


Page 1 of 2


’n Motorbuiteband brand in die middel van die Moloto-pad in Mpumalanga waar sowat 8 000 betogers aan protesoptogte oor dienslewering deelgeneem het. Foto: Jaco Marais
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Verwante skakels
kyk
Virginia Keppler
Terwyl Suid-Afrika gereed maak vir ’n onvergeetlike WB 2010-vertoning het derduisende mense gister tydens drie gewelddadige betogings ’n kerk en twee raadslede se huise tot op die grond afgebrand.Dié mense betoog oor dienslewering, Hop-huise en grond wat die regering hulle sedert 2000 beloof.In Mpumalanga, op die Moloto-pad, noord van Pretoria, het sowat 8 000 mense sedert 02:00 gisteroggend bymekaargekom en paaie met brandende motorbande, rommel en klippe versper. Twee ANC-raadslede moes uit die gebied vlug uit vrees vir hul lewe. Sers. Nonhlanhla Kgosana, Mpumalanga-polisiewoordvoerder, het gesê die mense het daarna die IPCC-kerk en die raadslede se huise tot op die grond afgebrand. “Hulle het ook voertuie wat aan dié raadslede behoort, beskadig en met klippe bestook. “Die inwoners het drie weke gelede al hul ontevredenheid uitgespreek omdat die kerk so gou grond gekry het om op te bou terwyl hulle steeds wag. “Hulle het gister die kerk afgebrand omdat een van die raadslede ’n gemeentelid van dié kerk is en glo die een is wat gehelp het dat die kerk die grond bekom,” het Kgosana gesê.Volgens haar is 31 mense weens openbare geweld gearresteer. Hulle sal binnekort in die hof verskyn. In Mamelodi-Oos in die ooste van Pretoria het tussen 6 000 en 7 000 inwoners sedert eergisteraand om 20:00 op die hoek van Hans Strijdomrylaan en Hector Pietersonstraat bymekaargekom uit protes oor dienslewering, behuising en ontevredenheid oor die treindienste.In albei gevalle het die mense die polisie, metropolisie en hul voertuie met klippe bestook, waarna die geregsdienaars met rubberkoeëls op hulle losgebrand het.Tydens die protesoptogte het ’n groep misdadigers vyf winkels geplunder wat aan buitelanders behoort wat in die gemeenskap woon.Sowat 800 mense het later die oggend ’n optog na die Pretoria-stasie gehou omdat treine nie by die Pienaarspoort-stasie stilhou soos voorheen nie. Hulle het gedreig dat daar chaos gaan wees as dit nie binne dae reggestel word nie. Mnr. Nelson Ngalo, voorsitter van die Phomolong-gemeenskapsforum in Mamelodi, het gesê die gemeenskap is ontevrede omdat die regering drie weke gelede al 600 huisgesinne in Hop-huise naby Nellmapius, in die ooste van Pretoria, moes hervestig.“Ons probeer ’n verteenwoordiger in die departement van huisvesting in die hande kry, maar hulle vermy ons. “Protesoptogte en konfrontasie is nou die enigste manier om hulle sover te kry om aandag aan ons te gee. Al moet ons dit doen terwyl die sokker aan die gang is, sal ons. Die buitelanders moet sien hoe die mense van Suid-Afrika ly,” het Ngalo gesê.Kapt. Johannes Maheso, polisiewoordvoerder, het gesê twee mense is in Mamelodi op aanklagte van openbare geweld gearresteer.

No comments:

Post a Comment