Wednesday, March 31, 2010

Ma verkrag; seun moet kyk







Ma verkrag; seun moet kyk
2010-03-30 21:53
Sonja van Buul
’n Jong man is in die Vaaldriehoek gedwing om toe te kyk hoe vier mans sy ma om die beurt verkrag.

Die vrou (39), haar man en hul 22-jarige seun was Sondag om 02:00 van Kragbron, naby Sasolburg, op pad na hul huis in Holy Country toe hul motor onklaar het.

“Die vrou het saam met haar seun in die rigting van hul woonplek gestap om iemand te vind wat hulle kan help om die motor na die huis te sleep,” het me. Fikiswa Matoti, polisiewoordvoerder, gister gesê.

“Vier mans wat hulle onderweg teëgekom het, het die seun vasgehou en gedwing om toe te kyk terwyl sy ma na bewering om die beurt deur die mans verkrag is.”

Volgens Matoti het die vrou gesê sy sal net een van haar vier verkragters kan uitken.

Die polisie het mense met inligting gevra om konst. Johannes Kambule by 073 586 6495 te bel.

“Ons pleit dat mense met inligting vorendag kom wat kan lei tot die inhegtenisneming van al vier die mans wat agter dié wrede verkragting sit,” het Matoti gesê.

No comments:

Post a Comment