Sunday, March 28, 2010

Moloto... Plaas aanvallers skiet op Jakkalsdans..Kobus Erasmus ...Noord Van Pretoria




Pa, seun koes vir koeëlreën


2010-03-28 22:15

Mnr. Kobus Erasmus (40) van die plaas Jakkalsdans naby Moloto, noord van Pretoria, sê sy hond Rufus het een van hul aanvallers eergisteraand gebyt. Foto: Jaco Marais
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Virginia Keppler
’n Bende gewapende rowers het eergisteraand twee huise op die plaas Jakkalsdans naby Moloto “omsingel” en talle skote op die eienaars geskiet in wat soos ’n “klein oorlog” geklink het.Mnr. Kobus Erasmus (40) het gesê hy en sy seun, Corrie (18), moes vir die koeëls weghardloop wat uit alle rigtings op hulle geskiet is.Die pa en seun het gaan ondersoek instel nadat hul honde omstreeks 21:30 erg begin blaf het.“Corrie het eers deur die venster gekyk en gesê daar is mense in ons erf. Ek het eers gedink dit is een van ons werkers en ons het gaan ondersoek instel,” het Erasmus gesê. Op daardie oomblik het Erasmus se pa, mnr. Lukas Erasmus (64), ook uit sy huis op die erf gestap om te gaan kyk waarom die honde blaf. Die twee huise is ’n klipgooi van mekaar.“Toe ek en my seun om die motorhuis se hoek kom, het my hond, Rufus, ’n verdagte gegryp. Die volgende oomblik het ’n ander verdagte op ons begin skiet. Hy was so 5?m van ons af,” het mnr. Kobus Erasmus gesê.“Skielik was daar meer as vier mense wat op ons geskiet het. Ek het vir my pa geskreeu om terug huis toe te hardloop. ‘Gryp jul gewere en skiet!’ het ek geskreeu. In werklikheid het ons nie ’n vuurwapen van ’n dag oud nie. Ek het maar net gehoop hulle skrik as hulle dink ons gaan terugskiet,” het hy gesê.Terwyl hy en Corrie huis toe gehardloop het, het die koeëls aanhou kom.Mnr. Kobus Erasmus se vrou, Tessa (46), het hul ander twee kinders (17 en 10) gegryp en na die hoofslaapkamer gehardloop. Hulle het op die vloer langs die bed gaan lê.Mnr. Erasmus se pa en stiefma, Marie, het ook in hul huis die ligte afgeskakel en op die vloer gaan lê.“Ek en Corrie het die die huis ingehardloop, ligte afgeskakel en gordyne toegetrek en plat gaan lê. Ons het ’n ruk lank bly lê totdat dit doodstil was,” het Erasmus vertel.Hy het gesê dit is ’n wonderwerk dat niemand raak geskiet is nie. Een van die koeëls het sy bakkie se modderskerm getref.Die polisie het op 9?mm-pistool- en haelgeweerdoppe beslag gelê. ( Beeld)

2 comments:

  1. Rufus moes die bliksem doodgebyt het.

    Die res moes doodgeskiet word deur Comm Cele en die SAPS.

    Waar was hulle ten tye van die aanval?

    ReplyDelete