Tuesday, March 30, 2010

Edwill van Aarde in sy huis oorval


Edwill in sy huis oorval

2010-03-29 21:45

Edwill van Aarde, voormalige radio-omroeper en TV-aanbieder, beduie hoe hy gister in sy huis in Krugersdorp deur ’n rower oorval is. Die kennisgewing aan die deur is daar om aan te dui dat daar ’n alarm in die huis is. Die alarm het die rower uiteind
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Magdel Fourie
Edwill van Aarde (71), voormalige radio-omroeper en TV-aanbieder, is gister in sy huis in Krugersdorp oorval en aangerand.In sy swakheid het hy probeer terugbaklei, maar gou besef die rower is “te jonk en sterk”, het die voormalige sportkommentator en aanbieder van die vasvraprogram Flinkdink, gister in trane vertel.“Ek het net geweet ek kan nie. Ek kan níks doen nie.”Van Aarde se vrou, Piena (67), was net weg winkel toe toe hy omstreeks 11:30 ’n geraas by die kombuisdeur gehoor het. Die Van Aardes woon al 37 jaar in die huis.By die kombuisdeur het hy ’n skraal, jong man aan die veiligheidshek sien werk. Die man het aan hom gesê mev. Van Aarde het hom gestuur om die slot te herstel.Die man het ’n tuinvurk, ’n geroeste vyl en moersleutel by hom gehad.“Toe ek hom vra waar my vrou is, het hy gesê sy is in die motorhuis by haar geel motor – sy is op pad. En toe dink ek maar sy rý ’n geel motor,” het Van Aarde vertel.Hy het die deur toe oopgesluit.“Toe slaan hy my plat. Hy het my toe aan my voete in die gang afgesleep en my heeltyd geskop en geslaan,” het ’n geskokte Van Aarde vertel.Hy het aanvanklik probeer terug- baklei, maar gou gevoel hy het nie die krag nie. Die mes in die rower se hand het hom ook afgeskrik.Toe die rower hom tot by sy slaapkamer gesleep het, het Van Aarde regop gebeur.Die rower het laaie en kaste in die slaapkamer omgekeer en sowat 30 juwelekissies in ’n sak geprop.Die Van Aardes het dié kosbare juwele in die kissies tydens oorsese reise in stede soos Parys, Londen en Wene gekoop.“Dit is onvervangbaar. Ons sal nóóit weer oorsee gaan nie,” het Van Aarde vertel.Die rower het ook Van Aarde se kamera en verkyker gebuit.“Ek het so mooi gevra dat hy nie my kamera vat nie, want daar’s foto’s van my kleinkinders en hondjies op.” Die egpaar se geliefde honde is kort gelede weens ouderdom dood.Terwyl die rower besig was met sy plundertog het Van Aarde die noodknoppie gewaar en daarin geslaag om dit in die hande te kry.Al het hy besef hy waag ’n groot kans, het hy dit nogtans gedruk.Toe die alarm begin loei, het die rower “net ’n vloekwoord gegee” en gevlug.“Wat ek nooit sal vergeet nie, is die kyk in sy oë. Aan die begin het hy nog vriendelike geselsies gemaak. Maar toe hy eers inkom, was daar net haat in sy oë.”Die polisie en ’n paramedikus was kort ná die voorval op die toneel om na Van Aarde, wat oor borspyn?gekla het, om te sien.“Ek is maar verpletter. Ek het darem nie letsels in my gesig nie, maar ek het erge lyfseer. Tog is ek dankbaar ek het nie seerder gekry nie,” het Van Aarde gesê.Dié aanval moet as voorbeeld vir ander dien, meen hy.“’n Mens kan nooit oorversigtig wees nie, al is dit helder oordag.”Dié aanval is uitgevoer enkele weke voordat ’n konsert ten bate van Van Aarde op 21 April gehou word. Verskeie kunstenaars, onder wie Steve Hofmeyr, gaan in die konsert optree. Hofmeyr het hom ná die voorval woedend uitgespreek oor aanvalle op weerlose kinders en bejaardes.“Hy is regtig ’n goeie vriend van my – ’n ou man, lamgelê deur ongesondheid, wat homself nie kan verdedig nie. Dit is trágies,” het Hofmeyr gesê.

No comments:

Post a Comment