Saturday, March 20, 2010

Verblyf tydens toernooi: Suid- Afrikaners kan duisende verloor


Verblyf tydens toernooi: JA .....JA ....

Suid-Afrikaners kan duisende verloor

2010-03-19 22:49

Philip de Bruin
Suid-Afrikaanse huiseienaars en -huurders wat vinnig ’n paar rand uit WB 2010 wil maak, kan dalk eerder honderdduisende rande verloor.Mense wat vir die duur van dié toernooi hul huise aan buitelandse besoekers verhuur, loop op dun ys. As iets verkeerd loop, gaan geen versekeraar ’n eis erken nie, waarsku me. Kim Rew, versekeringsregkenner van die Sandtonse regsfirma Deneys Reitz.Wat baie huiseienaars nie weet nie, is dat die bestaande versekering op hul huise (dopversekering en inhoudversekering) ingevolge die standaardversekeringskontrak van alle versekeraars net geldig is as huise vir residensiële doeleindes gebruik word. Skade waarvoor die huis-eienaar self moet opdok, sluit in diefstal van gaste se besittings uit die huis, vir beserings wat ’n gas opdoen terwyl hy of sy in die huis is en brandskade terwyl daar betalende gaste in die huis is en dit nie net ’n residensiële eiendom is nie. Volgens Rew is die risiko wat versekeraars dek in gevalle van residensiële eiendom baie minder as wanneer daar betalende gaste in die huis is. Daarom behoort huiseienaars wat hul huise of kamers in hul huise aan gaste wil verhuur, vooraf ooreenkomste met hul versekeraar aan te gaan wat daarvoor voorsiening te maak. “Die verhoogde premie vir die duur van die toernooi kan later blyk elke sent werd te wees.”

No comments:

Post a Comment