Wednesday, March 31, 2010

Beloftes maak skuld!


Beloftes maak skuld!

2010-03-30 21:53

Me. Rina Vrey (78) van Hermanstad in Pretoria oorhandig ’n armoede-verslag van Solidariteit Helpende Hand aan pres. Jacob Zuma.Foto: Jaco Marais
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Alet Rademeyer
Mooi beloftes, maar wanneer gaan ons iets daarvan sien?Dít was gister die reaksie van verskeie arm inwoners van wit informele nedersettings wat pres. Jacob Zuma by Bethlehem in die weste van Pretoria ontmoet het.Me. Rina Vrey (78), inwoner van Uncle Ben’s Den, ’n versorgingsoord in Hermanstad, het vier maande gelede vir die heel eerste keer ’n ouderdomspensioen gekry nadat dit aanvanklik twee keer afgekeur is. Sy is onder meer meegedeel dat haar lêer weggeraak het.Sy het gister die armoede-verslag aan Zuma oorhandig.Sy het gesê: “Ek is nie iemand vir die politiek nie. Ek bly maar net hoop en bid dat dinge sal regkom.“Ek hoor al die dinge wat die president en sy mense sê, maar ek dink dinge loop verkeerd in daardie kantore waar ons in lang toue moet gaan staan en dan weggewys word.“Dit lyk my dit haak dáár vas, want van daar af is daar niemand hoër op wat jou kan of wil help nie.”Me. Isabelle van Rensburg (61) van Elandspoort in Pretoria het ook gesê sy weet nie of Zuma iets sal regkry nie. “Ek is al drie maande sonder elektrisiteit en maak buite vuur.“Die stadsraad het die kabel afgesny. Elke keer wat ek gaan hulp vra, sê hulle ek moet eers R1 800 neersit. “Ons het dit nie, want nie een van ons werk nie.”Van Rensburg se agterstallige rekening beloop R8 700.Me. Susan van Niekerk (45) van Danville het oor Zuma en sy besoek gesê: “Ek dink hy is orraait , maar hy moet sy woord hou. Nou lyk dit nie of dit gebeur nie.”Van Niekerk bly saam met haar werklose suster en dié se seun en het ook nie elektrisiteit nie. “Ek kook maar op ’n jel-stofie.”Mnr. Dirk Hermann, voorsitter van Solidariteit Helpende Hand, het gesê dit is steeds polities onkorrek om oor wit armoede te praat, maar die tyd het aangebreek om die stilte daaroor te verbreek.Hy het verwys na ’n studie van die Umsobomvu Youth Fund verlede jaar waarin bevind is dat geen van die arm wit gemeenskappe enige hulp van die regering se 29?966 armoedeverligtingsprogramme kry nie.Hy het gesê maatskappye wat by sosiale verantwoordelikheidsprogramme betrokke raak moet nie punte kry op grond van die rasgroep wat hulle help nie.Dr. Danie Langner, uitvoerende hoof van Helpende Hand, het aan Zuma gesê hy het by sy eerste besoek hoop vir die mense gebring toe hy gesê het daar sal vir hulle hulp met elektrisiteit, behuising en basiese dienste wees.“Ek glo u sal geskok wees om te hoor dat sedert 2008 net 160 koskoepons uitgedeel is en dat dit te min is om 600 000 wit armes te oortuig die staat gee regtig om.”

No comments:

Post a Comment