Tuesday, March 16, 2010

Ag siesa ! wat maak julle daar ! ?


Ag siesa! Wat maak julle daar!?

2010-03-16 06:33

Verwante skakels
Miljoene liters riool daagliks in Hartbeespoortdam gestort
Rade mag nie krag, water afsny
Brits, Hartbeespoort moet water kook
Elise Tempelhoff, BeeldJohannesburg - 'n Inwoner van Biesiesvlei in Noordwes het klagte van poging tot moord en die oortreding van die Waterwet teen die Ditsobotla- plaaslike owerheid aanhangig gemaak nadat hy werkers op heter daad betrap het toe hulle rioolafval in die opvangsgebied van die Hartsrivier gestort het.Die bestuurder van die rioolwa het Hendrik Stassen glo probeer doodry toe hy foto’s geneem het.Stassen het Maandag gesê ’n vriend het hom Vrydagmiddag gebel en vertel ’n rioolwa van die gesondheidsdepartement in Lichtenburg stort rioolafval in ’n vlei net buite die dorp.Volgens Stassen het hy onmiddellik sy kamera gegryp, daarheen gery en begin foto’s neem van die werkers wat rioolafval uit die rioolwa in die vlei gepomp het.“Ek het tot naby die rioolwa gestap en aanhoudend foto’s geneem. Toe die bestuurder my sien, het hy die petrolpedaal getrap en op my afgejaag.”Stassen het gesê hy het die klagte daarna by die polisiekantoor in die dorp gaan indien.Die polisie het bevestig hulle het die klagte ontvang en dat dit reeds aan ’n ondersoekbeampte toegeken is.Volgens Stassen het hy die foto’s by sy klag aangeheg. Beeld het die foto’s en navrae aan Stanley Mokoba, kommunikasiehoof van die Ngaka Modiri Molema-distriksraad (waaronder Ditsobotla val) gestuur.Mokoba het gesê hy het dit aan Tshiamo Lethokile, munisipale bestuurder van Ditsobotla (Lichtenburg, Biesiesvlei en Coligny) gestuur.Lethokile was heeldag in ’n werksessie oor dienslewering en kon nie vir kommentaar opgespoor word nie.Carín Visser, voorsitter van die Sannieshof-inwoners- en belastingbetalersunie (Sibu), het gesê Sannieshof (stroomaf van Lichtenburg) sukkel al jare met Lichtenburg se rioolstortings.“Ons moet die besoedelde water drink wat van Lichtenburg af kom. Dit is onaanvaarbaar,” het sy gesê. - Beeld
Lees meer oor: water riool

No comments:

Post a Comment