Wednesday, March 31, 2010

Oupa takel drie ondanks sy wonde


Oupa takel drie ondanks sy wonde

2010-03-31 08:25

Mnr. Dawie Meintjies (85) en sy lewensmaat, me. Maria de Beer (81), van Soutpansdrift in Noordwes het 'n gewapende plaasaanval oorleef, al is hulle albei raak geskiet.
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Virginia Keppler’n 85-jarige oupa van Soutpansdrift in Noordwes het drie gewapende rowers met sy kaal vuiste toegetakel om sy lewensmaat te beskerm, selfs nadat hulle hom raak geskiet en met ’n mes gesteek het.Mnr. Dawie Meintjes en sy lewensmaat, me. Maria de Beer (81), is eergisteroggend om 01:00 in hul woning op ’n plaas sowat 14?km buite Brits op die Thabazimbi-pad oorval. De Beer is deur die skrapnel van ’n koeël op drie plekke in haar regterbeen getref en ’n lid van Meintjes se linkerpinkie is weggeskiet. Hy is ook in die arm met ’n mes gesteek.Kort voor die voorval het Meintjes se alarm afgegaan waarna sy seun, Jannie (60), ondersoek ingestel het. “Die veiligheidsmense het dadelik gebel, maar nadat ek seker was daar is niemand in die huis nie, het ek gesê hulle hoef nie uit te kom nie,” vertel Meintjes jr. Hy is terug na sy kamer waar hy en sy vrou, Mariaan (53), eers ’n “skuif” en toe ’n “doef-geluid” gehoor het.Intussen het De Beer badkamer toe gegaan toe sy ’n indringer gewaar waar hy besig was om ’n TV uit te dra. ’n Ander man het ’n pistool op haar gerig en haar gewys om terug in die kamer te gaan.Toe die rowers agter haar die kamer instap het Meintjes sr. na sy rewolwer onder sy kussing gegryp. “Een rower het dadelik ’n skoot in die matras gevuur waarna ouma se bene deur die skrapnel getref is. Kort daarna het ’n tweede skoot geklap en is my pa se pinkie raak geskiet,” vertel Meintjes jr.“Jannie, kom help! Die donners het ons geskiet!” het Meintjes sr. aan sy seun geskreeu. “Terwyl ek gehardloop het om te gaan help, het my vrou die noodknoppie gedruk. Toe ek by my pa se slaapkamer kom was die rowers almal weg.”Me. Loanne Louw, De Beer se kleindogter, sê die skrapnel is by die Medi-Clinic-hospitaal op Brits tydens ’n operasie uit haar ouma se been verwyder. Sy het gesê Meintjes sr. is ook tydens ’n operasie vir sy skietwond behandel. “Verder het hy die meswond in sy arm en baie krapmerke en blou kolle oor sy liggaam,” vertel Louw.Meintjes jr. sê die aanvallers het die kombuisdeur oopgebreek om toegang tot die huis te verkry. Hulle het daarna met sy pa se vuurwapen en selfoon, ’n skootrekenaar, Meintjes jr. se beursie en ’n TV-stel gevlug. Kapt. Thabo Makhafola, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek die voorval.- ’n Week gelede is mnr. Koos van Staden (60), ’n groenteboer van die Kleinfontein-distrik in Brits in Noordwes, in sy slaapkamer doodgeskiet terwyl hy gespook het om sy vrou, Heleen (57), teen boewe te beskerm.

No comments:

Post a Comment