Sunday, March 28, 2010

Plaasaanvallers slaan nog 3 keer toe by Nelspruit


Plaasaanvallers slaan nog 3 keer toe by Nelspruit

2010-03-26 22:29

Buks Viljoen
Nelspruit. – Nog drie plaasaanvalle het eergister in dié omgewing plaasgevind. Daar word vermoed dat die drie aanvallers wat vroeër vandeesweek ’n bejaarde paartjie, mnr. Stuart Jonker (81) en sy vriendin, me. Tina Muller (82), erg op hul plaas in die Sterkspruit-omgewing aangerand het, by die jongste twee aanvalle in dieselfde gebied betrokke was.Die polisie het gisteroggend vroeg ’n deurbraak in die Muller/Jonker-aanval gemaak toe die paartjie se tuinwerker in hegtenis geneem is.Twee plaasaanvalle het Donderdagnag binne twee uur in dieselfde omgewing plaasgevind waar Muller en Jonker woon.Omstreeks 21:00 is mnr. Robin Maguire (47) en sy gesin op hul plaas Waterberry in die Brondal-omgewing oorval.Die aanvallers het die gesin vasgemaak en beroof.Skaars twee uur later is mnr. Walter Lakie (60) in sy huis op die Makaya-plaas, enkele kilometers van die Maguires af, aangeval. Net ’n selfoon is by hom gesteel.In ’n aanval eergisteroggend in die omgewing van The Rest aan die ander kant van Nelspruit is ’n egpaar aangehou en beroof. Hulle is nie beseer nie.Insp. Dawie Pretorius, woordvoerder van die polisie in Nelspruit, het bevestig hulle ondersoek die moontlikheid dat dieselfde bende by die drie aanvalle in dieselfde omgewing betrokke was.

1 comment:

  1. The enemy within!

    When will we learn who the enemy really is?

    ReplyDelete