Thursday, March 18, 2010

VF+loods veldtog teen Malema


VF+ loods veldtog teen Malema

2010-03-18 11:44

Johannesburg – Die Vryheidsfront Plus (VF+) het ’n veldtog teen die ANC-jeugleier, Julius Malema geloods, het Anton Alberts, die parlementêre woordvoerder van die party Donderdag gesê.“Dit is van kardinale belang vir ons toekomstige sekuriteit en ekonomiese integriteit om die Malema-trein stop te sit,” het hy gesê.“Plaasmoorde moet gestop word en voedsel moet verseker word.”Die veldtog sluit in die versameling van handtekeninge via e-posse en ’n aktivisme-webwerf waar ’n brief, gerig aan president Jacob Zuma, geteken kan word.Die handtekeninge sal daarna aan pres. Zuma gegee word om druk op die party te plaas om dissiplinêre stappe teen Malema te neem.-Sapa

No comments:

Post a Comment