Monday, March 15, 2010

Boer met kopskoot vermoor


Boer met kopskoot vermoor

2010-03-14 22:31
Die gat in mnr. Danie Nortjé se slaapkamervenster.Foto: Linda de Beer
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Sonja van Buul en Linda de Beer
’n Boer is die naweek koelbloedig doodgeskiet en ’n ander is deur ’n toe venster gewond in twee plaasaanvalle die naweek in Limpopo en Noordwes.Mnr. Frik van Deventer (64) is eergisteraand op sy plaas, Langwater, naby die Botswana-grens en Dorset in die Vaalwater-gebied in die Waterbergstreek met ’n kopskoot vermoor.Volgens supt. Ronél Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, was Van Deventer omstreeks 19:00 in sy tuin toe sy vrou (64), wie se naam nie aan Beeld bekend is nie, blykbaar stemme buite gehoor het.“Die vrou, wat in haar kombuis besig was, het ’n skoot gehoor voordat twee gewapende rowers die plaashuis ingestorm en haar oorweldig het. Sy is vasgebind en aangerand.”Mev. Van Deventer het na verneem word ligte beserings opgedoen en is erg geskok.Volgens Otto het die rowers die Van Deventers se vuurwapenkluis op die egpaar se bakkie gelaai en daarmee gevlug. “Die rowers het in die rigting van Vaalwater gery toe die bakkie gerol en hulle vermoedelik te voet verder gevlug het,’ het Otto gesê. Die polisie het die bakkie en steeds geslote kluis met vermoedelik jagwapens in op die ongeluktoneel gevind. Niemand is gearresteer nie en die polisie het ’n grootskaalse soektog op tou gesit. “?’n Polisiespan, waaronder spoorsnyers, is saamgestel om die egpaar se aanvallers in die afgeleë Bosveldgebied vas te trek.”In die ander aanval is ’n slapende mnr. Danie Nortjé (58) eergisternag op sy plaas tussen Potchefstroom en Vanderbijlpark deur sy slaapkamervenster en toe gordyne met vermoedelik ’n haelgeweer in die rug geskiet.Nortjé is in ’n bestendige toestand in die Potchefstroom-hospitaal. Die donshael het hom hoofsaaklik regs agter in die boud en rug getref, het sy pa, Pieter (85), gister gesê.Nortjé sr. het op sy bloeiende seun in die bed afgekom nadat hy ’n enkele skoot gehoor het. “Hy was baie swak, want hy het baie bloed verloor,” het Nortjé sr. gister gesê. Nortjé jr., ’n wewenaar, het dit reggekry om op te staan en in ’n ander vertrek op hulp te gaan wag uit vrees dat nog skote deur die venster sou kom. Sy pa het gesê hulle het niemand op die werf gesien nie. “Dit het nie lank gevat vir die polisie en die ambulans om te kom nie. Ek het nou-nou met my seun gepraat en hy sê hy’s orraait.” Me. Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24 wie se paramedici Nortjé jr. op die toneel behandel het, het gesê sy toestand is aanvanklik as kritiek beskou, maar hy was teen gisteroggend bestendig. Volgens haar het hy “veelvuldige wonde” regs agter op sy rug gehad.Insp. Wilmarie van der Merwe van die polisie in Noordwes het gesê dit is nie seker of daar meer as een aanvaller was nie. Die motief is onbekend. Daar is nêrens ingebreek nie en niks is skynbaar gesteel nie. Die Limpopo-moord kom ’n dag nadat mnr. Jan Wheeler (65) in die vroeë oggendure op ’n plaas sowat 10?km buite Marble Hall vermoor is waar hy as bestuurder gewerk het. Hy is gesteek en verskeie kere geskiet.Van Deventer is die sesde plaasmoordslagoffer in Limpopo sedert die begin van Februarie.

No comments:

Post a Comment