Wednesday, March 31, 2010

Raaisel-moord op sakeman




Raaisel-moord op sakeman
2010-03-30 21:53
Magdel Fourie
Die grootbaas van ’n onderdele-kettinggroep is onder raaiselagtige omstandighede in ’n donker steeg in Parkwood, Johannesburg, in die kop geskiet.Die lyk van mnr. Peter Granat, besturende direkteur van Autozone-onderdelehandelaars, is eergister kort ná 22:30 in ’n groot plas bloed langs sy wit Toyota Land Cruiser in die Newportweg-dienssteeg gevind.Volgens sers. Bongi Mdletshe, woordvoerder van die Rosebank-polisiekantoor, is die skoot op ’n kort afstand van bo geskiet, so of Granat (63) op sy knieë gedwing is. “’n Saak van moord word ondersoek. “Die moontlikheid dat dit ’n mislukte rooftog was, word nie uitgesluit nie,” het hy gesê.Benewens Granat se selfoon word niks vermis nie.Granat se 9 mm-pistool, asook ’n sak met sy beursie en bankkaarte daarin was ná die aanval steeds in sy motor.’n Veiligheidswag wat die aand by ’n woonstelgebou daar aan diens was, het aan die polisie gesê hy het gesien hoe nog ’n motor Granat se Land Cruiser in die steeg agtervolg.Albei voertuie het glo stilgehou en Granat het vermoedelik uit sy motor geklim, waarna sy aanvallers uit die motor agter hom geklim het.Sekondes later is Granat met ’n enkele skoot doodgeskiet, het Mdletshe gesê.By die polisie se aankoms op die toneel was daar duidelike bloedmerke aan die buitekant van die Land Cruiser.Daar was geen bloedvlekke binne die voertuig nie.“Ons vermoed hy het dalk van buite sy motor sy vuurwapen probeer bereik waarna sy aanvallers hom geskiet het,” het Mdletshe gesê. ’n Inwoner van ’n woonstel enkele meter van waar Granat geskiet is en nie sy naam genoem wil hê nie, het aan Beeld vertel hulle het kort ná 22:00 ’n “struweling” buite in die steeg gehoor.Daarna het ’n enkele vuurwapenskoot afgegaan.Sekondes later het motordeure geklap en hy kon hoor hoe ’n motor teen ’n vinnige spoed wegtrek, het die man vertel.Me. Taryn Cohn, ’n naburige inwoner, het vertel sy het omstreeks middernag in die steeg by die moordtoneel verbygery.Die lyk was teen dié tyd al bedek.Papiere wat na kantoordokumente gelyk het, was oral in die pad gestrooi. “En daar was baie bloed. “Die hele pad was vol bloed,” het Cohn vertel.Mnr. Derick Lappin, finansiële hoof van Autozone, het gesê Granat was langer as tien jaar besturende direkteur van die maatskappy.Die maatskappy wou nie verdere kommentaar lewer nie.“Hy was ’n baie private man,” het Lappin bygevoeg

No comments:

Post a Comment