Monday, March 15, 2010

Anika-moordenaar "onnatuurlik wreed '- kenners

Anika-moordenaar ‘onnatuurlik wreed’ – kenners
2010-03-14 22:31

Anika Smit
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Verwante skakels
Kind se hande afgekap in moord
‘Sy’t aanvaller geken’
Hilda Fourie
Wie ook al Anika Smit (17) vermoor, vermoedelik verkrag en haar hande afgesny het, is “onnatuurlik wreed”, “sadisties” en “uiters gevaarlik”.Dít was twee kriminoloë se reaksie op die moord op die blonde leerling van die Hoërskool Gerrit Maritz in die noorde van Pretoria.Dr. Pixie du Toit en prof. Anni Hesselink was dit eens dat die mens(e) wat Anika Woensdag in haar pa se huis in Theresapark, in die noorde van Pretoria, vermoor het, ’n ongelooflike woede in hom of haar gehad het.Dit is die eerste keer wat hulle van ’n geval in Suid-Afrika hoor waar die moordenaar sy slagoffer se hande afgesny het.“Die kanse dat hulle haar laat ly het en gekyk het hoe sy ly, is groot,” het Hesselink gister gesê. “Hulle moes dit geniet het om haar so te sien.”Volgens Hesselink en Du Toit dui alles daarop dat Anika haar moordenaar moes geken het.Dié twee kriminoloë stem saam met mnr. Johan Smit, Anika se pa, dat Anika vermoedelik hul honde agter in die erf toegemaak, die hekke vir haar moordenaar(s) oopgesluit en hulle die huis ingelaat het.Du Toit vermoed dat die moord die uiteinde was van ’n verhouding wat skeefgeloop het. “Dit voel vir my soos wraak,” het Du Toit gesê. “Miskien wou hy seksueel met haar verkeer en sy het geweier. Dis amper asof hy gesê het dat as hy nie met haar seks kan hê nie, sal niemand nie.“Die ou moes woedend gewees het, want die moord was net onnatuurlik wreed. Hy wou haar skend.”Hesselink het gesê Anika se moordenaar(s) kan iemand wees wat sy geken en vertrou het. As meer as een persoon Anika vermoor het, was dit moontlik ’n nuwe vriendskap. Die feit dat Anika vroeër van die huis weggeloop het, wys dat sy beïnvloedbaar is.Volgens Hesselink hou die wyse waarop Anika vermoor en gelos is direk verband met die oortreder se karaktereienskappe.“Die doel van sy/hul besoek was om haar seer te maak,” het Hesselink gesê. “As dit een persoon was, is dit ’n uiters gevaarlike persoon. Want om al daardie dinge (om haar te vermoor, vermoedelik te verkrag en haar hande af te sny) te doen, moet jy abnormaal en psigopaties wees.“Dit moet iemand wees wat vroue haat, want daar is soveel woede op haar uitgehaal.”

No comments:

Post a Comment