Monday, March 15, 2010

Malema skuldig aan haatspraak


Malema skuldig aan haatspraak

2010-03-15 10:55
Johannesburg - Die gelykheidshof in Johannesburg het Maandag vir Julius Malema, die ANC-jeugleier skuldig bevind op aanklagte van haatspraak en teistering."Die hof is tevrede met die uitspraak dat die uitlating van die gedaagde gelykstaan met haatspraak,” het die landdros Colleen Collins gesê."Die woorde wat uitgelaat is, dra by tot teistering soos gestaan in die wet van gelykheid.”Collins het Malema beveel om ’n publieke verskoning binne die volgende twee weke te maak.Hy moet ook R50 000 binne een maand aan ‘n sentrum vir mishandelde vrouens skenk.Collins het woorde van wysheid aan Malema in haar uitspraak ingesluit.“"Mr. Malema, wees versigtig om nie in ‘n man te verander wat gereeld iets sê, maar nooit praat nie.”Malema was nie by die hofuitspraak teenwoordig nie.- Sapa

No comments:

Post a Comment