Wednesday, March 24, 2010

MRK bekyk Facebook-haatspraak


MRK bekyk Facebook-haatspraak

2010-03-24 09:09
Magdel FourieIndien jy haatspraak of vuil taal op Facebook sou waag, kan jy binnekort die Menseregtekommissie (MRK) op jou voorstoep verwag.Die MRK het die laaste tyd talle klagtes oor “ongewenste taalgebruik” en haatspraak op dié sosiale netwerk ontvang. Veral sedert ’n e-pos met ’n skermafdruk van ’n beweerde haatboodskap op ’n Julius Malema-aanhangersblad op Facebook die afgelope week die ronde doen, het mnr. Vincent Moaga, MRK-woordvoerder, aan Beeld gesê. Die skermafdruk wys die aanhangersblad met ’n boodskap van ene Thato Mbateti Mbateti wat blatant ­hatig uitvaar teen wit mense. Talle ontstelde lesers het dié e-pos ook aan Beeld gestuur.Die boodskap is egter nie meer op die oorspronklike blad te sien nie.Moaga het gesê hoewel die MRK nie self oor die interne kundigheid beskik om dit te doen nie, is dit hul einddoel om die outeurs van sulke haatboodskappe en kru taal op te spoor.Hulle is tans in gesprek met die Onafhanklike Uitsaai-owerheid van Suid-Afrika (Okosa), asook die departement van kommunikasie, om saam die skuldiges op te spoor.“Die webwerwe se domeine is by die departement van kommunikasie geregistreer. Met die departement se bystand kan ons dan moontlik binnekort dié proses begin.”Hy het voorts gesê die publiek is welkom om nog soortgelyke klagtes aan die MRK te stuur.- Die Afrikanerbond het intussen gisteroggend ’n tweede klag by die MRK ingedien teen Malema en sy “aanhitsing tot geweld en haat­spraak”. Dit volg op die eerste klag sowat twee weke gelede ná Malema se gebruik van die “struggle”-lied “dubulu iBhunu” (“Skiet die Boere”) op die Doornfontein-kampus van die Universiteit van Johannesburg. Die tweede klag volg op verskeie berigte in die media oor Malema wat dié lied eergister weer op ’n openbare vergadering in Mafikeng gesing het.

No comments:

Post a Comment