Sunday, March 14, 2010

Boere maak reg vir baklei


Boere maak reg vir baklei

2010/03/13 08:57:00 PM


Hoofberigte
Boere maak reg vir bakleiMar 13 2010 20:57
Die regering kan heftige teenstand van die landbousektor verwag wanneer ’n afvaardiging van Agri SA môre die departement van grondhervorming ontmoet.
'Nie noodwendig' nasionaliseringMar 13 2010 20:57
Daar is verwarring oor wat die departement bedoel met die voorstel dat al die produktiewe landbougrond tot nasionale bate verklaar moet word.
Lei ons oor die rand se kantMar 13 2010 20:52
Die debat oor die vlak van die rand het die afgelope week ’n bydrae uit ’n gesiene oord gekry.



Hennie Duvenhage in Kaapstad en David van Rooyen david.vrooyen@sake24.com


Die regering kan heftige teenstand van die landbousektor verwag wanneer ’n afvaardiging van Agri SA môre die departement van grondhervorming ontmoet.
Dié afspraak is lankal gereël.
Die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming het die boere tot dusver heeltemal in die duister gehou oor moontlike planne om alle produktiewe landbougrond tot nasionale bate te ?verklaar, hoewel dit al aan die ?departement se portefeuljekomitee voorgelê is.
Die departement sê in sy strategiese plan tot 2013 hy oorweeg die moontlikheid om alle produktiewe landbougrond tot nasionale bate te verklaar. Die huidige eienaars sal dan op ’n tydelike of permanente grondslag gebruiksreg van die grond hê.
Mnr. Hans van der Merwe, uitvoerende hoof van Agri SA, sê daar is nog nie met hulle enige samesprekings oor dié plan gevoer nie.
Twee weke gelede, toe mnr. Gu?gile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Agri SA se bedryfskonferensie in Somerset-Wes toegespreek het, het hy die departement se ?strategiese plan breedvoerig bespreek, maar nie ’n woord oor enige verandering in grondeienaarskap gerep nie.
Dr. Theo de Jager, adjunkpresident van Agri SA en die organisasie se woordvoerder oor grondsake, sê dit wat in die strategiese plan vervat is, stem nie ooreen met die gesprekke wat die afgelope tyd met verteenwoordigers van die departement gevoer is nie.
“As dit beleid is, jaag dit kommersiële boere van voor af in loopgrawe in,” sê De Jager.
“Dit veroorsaak ’n groot negatiewe uitwerking op landboubeleggings, wat reeds die afgelope vyf jaar gedaal het weens wanadministrasie en onsekerheid oor grondhervorming. Dit is in die pas met die ANC se hantering van water- en mineraleregte.”
Die regering het ook reeds alle mineraleregte tot nasionale bate verklaar en alle rolspelers moes van voor af aansoek doen om hul regte.
Om dié regte te bekom, moes hulle eers aan allerlei bemagtigingsvoorwaardes voldoen.
As produktiewe landbougrond tot nasionale bate verklaar word, is die vraag aan watter voorwaardes boere sal moet voldoen om weer gebruiksreg van of huurpag op hul grond te kry.
Die departement van waterwese het dit ook met die waterregte gedoen en dit is besig om groot probleme vir boere te veroorsaak.
Waterregte word dikwels toegeken aan mense wat niks met landbou te doen het nie, terwyl die boer wie se regte ’n nasionale bate geword het, nie water het om sy lande mee te besproei nie.
Agri SA is reeds betrokke by hofsake oor mineraleregte en die hooggeregshof het reeds beslis dat die regering se optrede op onteiening neerkom en dat boere vergoed moet word vir die verlies van hul mineraleregte.
Die regering het teen die uitspraak geappelleer en die appèlhof se uitspraak daaroor word in Oktober verwag.
Inmiddels het boere tot April tyd om eise oor die verlies van mineraleregte in te dien.
Agri SA het ook al gedreig om die regering oor die verlies van waterregte hof toe te sleep.
Die verlies van eienaarskap van landbougrond kan ook in die hof eindig.

No comments:

Post a Comment