Saturday, April 3, 2010

Oliewenhuis word Malema-huis
















Oliewenhuis word Malema-huis





2010-04-01 01:40
MY nuwe huis! Mnr. Julius Malema is verheug oor Oliewenhuis wat sy nuwe tuiste word. Foto: Gemanipuleer
Foto's · Lesersfoto’s · Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Karen Ebersohn
Bloemfontein - Oliewenhuis in Bloemfontein word binnekort die hoofkwartier van die omstrede ANC-jeugligaleier, mnr. Julius Malema.Malema verhuis Bloemfontein toe en dié geliefde kunsmuseum, voorheen die woning van die land se staatspresidente, gaan voortaan Malema-huis heet.Volksblad kan vandag bekend maak dat Malema reeds al vir maande die trek beplan, omdat hy glo meer sentraal wil wees om die ANC se belange te bevorder. Malema wil glo reeds teen einde Mei hier gevestig wees, hoewel die aanvanklike plan was dat hy sy intrek op 1 April sou neem. Hy het volgens ingeligtes juis Bloemfontein gekies, omdat dit sy party se geboortestad is en hy voel die Rosestad is daarom ideaal om sy drome vir die party gestalte te gee. Voorts wil hy rassekwessies aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) dophou en glo hy dat hy ondersteuning hier sal kry, “omdat leiers van die UV hom as toekomstige president van die land beskou”.Inwoners kan egter ’n hele paar veranderinge verwag wanneer Malema hier intrek.Die Mangaung-munisipaliteit se segspersoon, mnr. Sergio April, sê op ’n spesiale raadsvergadering is besluit om Harrismithstraat, waarin Oliewenhuis geleë is, op Sondae tussen 12:00 en 16:00 te sluit.“Slegs Malema en sy bloulig-motorkonvooi sal toegelaat word om dan hier te ry. Die munisipaliteit erken Malema se harde werk en glo hy het die stilte nodig. Dit is ons munisipaliteit se manier om hom vir sy onbaatsugtige ywer om Suid-Afrika ’n beter land te maak te beloon.”April sê hy hoop inwoners sal begrip hê en die nuwe regulasies respekteer.’n Woordvoerder van die ANC-jeugliga, mnr. Avril Phoolle, sê hulle beplan die skuif reeds geruime tyd. “Oliewenhuis is ’n baken van die ou apartheidsregerings. Ons sal uit die aard van die saak verskeie veranderings aan die gebou, soos hy nou is, moet aanbring.”Hy sê die veranderinge sluit in dat die kunswerke almal opgeveil gaan word en die geld in ’n fonds belê gaan word om toekomstige verkiesingsveldtogte te finansier.“Ook sal gekyk word om later miskien huise en geboue rondom die Malema-huis te stroop om ’n bekostigbare behuisingskema te begin.“Malema het reeds te kenne gegee dat hy van die groot groen grasperk voor die huis hou en dit graag gedeeltelik sal wil behou. Hy gaan ’n reuse-swembad en lapa oprig om kamerade te ontvang en sal dalk ook ’n paar beeste wil aanhou.”Die kurator van Oliewenhuis het gister gesê hulle is nog te geskok om kommentaar te lewer.Politieke partye het gister gesê hulle win nou ’n regsmening oor die kwessie in.“Dit is eintlik glad nie die manier hoe ons die nuwe boekjaar wil begin nie,” het een leier gesê.
- Volksblad

No comments:

Post a Comment