Saturday, April 3, 2010

Byna 4 000 oudbeamptes wil weer by polisiediens aansluit






















Byna 4 000 oudbeamptes wil weer by polisiediens aansluit






2010-04-03 06:32

Verwante skakels
Polisie ruk op ná vuisslanery by kantoor
Polisie slaan toe op dwelmlaboratorium
Minister swyg oor dronk polisie
Philda Essop, Die Burger
Kaapstad - Byna 4 000 aansoeke is van oudpolisiebeamptes ontvang wat weer in die polisie opgeneem wil word.Dit volg ná ’n advertensie wat die departement van polisie in Januarie vanjaar in koerante landwyd geplaas het, het Nathi Mthethwa, minister van polisie, in antwoord op ’n parlementêre vraag van Elizabeth van Lingen, DA-LP, gesê.Altesaam 3 999 aansoeke is ontvang, waarvan 1 107 ná die aanvanklike siftingsproses afgekeur is omdat die aansoekers nie aan al die vereistes voldoen het nie.Voormalige polisiebeamptes – van senior superintendente tot konstabels met basiese polisie-opleiding wat oor ’n rybewys en gr. 12 of ’n soortgelyke kwalifikasie beskik – is genooi om aansoek te doen.Luidens die advertensie moet die aansoekers “geestelik, medies en fisiek fiks” wees en nie ’n misdaadrekord hê nie.Hulle moet jonger as 50 jaar wees en in staat wees om 10 jaar diens te lewer voordat hulle op 60-jarige ouderdom aftree.Gewese beamptes wat oneervol ontslaan is, die diens hangende tugverhore en misdaadondersoeke verlaat het of wat weens mediese redes bedank het, kon nie weer aansoek doen nie.Mthethwa het in antwoord op ’n vraag van Tim Harris, DA-LP, oor hoe misdaad in die suidelike voorstede van Kaapstad beveg word, gesê daar word op dwelm-, alkohol- en bendeverwante geweld gefokus in ’n poging om misdaadvlakke te laat daal.Optrede van die polisie sluit die toepassing van strategieë teen drank en operasies by tweedehandse handelaars in.Planne is ook beraam om intelligensie-gedrewe operasies te verbeter, misdaadondersoeke te verbeter om gehalte-ondersoeke en suksesvolle inhegtenisnemings te verseker en om informantnetwerke te ontwikkel, het Mthethwa bygevoeg.- Die Burger
Lees meer oor: sapd

No comments:

Post a Comment