Tuesday, March 23, 2010

Minister: "straf die moord swaarder"







Minister: ‘Straf dié moord swaarder’



2010-03-23 07:42

Verwante skakels
Wet oor vlugtelinge moontlik gewysig
Wet oor howe gou voor parlement
ANC "verwerp" wet op kwytskelding
Alet Rademeyer, Beeld.Pretoria - Barbaarse moorde wat met rituele gepaard gaan en waar moordenaars die slagoffers se liggaamsdele neem, behoort ingevolge wetgewing meer as net ’n klag van moord te wees.Noluthando Mayende-Sibiya, minister van vrouesake, die jeug, kinders en gestremdes, het in Pretoria gesê sulke moordenaars moet baie swaarder strawwe opgelê word omdat hul optrede ook neerkom op ’n ernstige skending van menseregte.Mayende-Sibiya het tientalle tradisionele leiers en genesers by die presidensiële gastehuis toegespreek waar ’n indaba oor rituele moorde gehou is.Sy het gesê daar moet ook kategorieë van misdaad geskep word vir oortreders wat vermoordes se liggaamsdele koop en sogenaamde medisyne (moetie) daarvan maak.Mense wat moetie koop, behoort ook van ’n misdryf aangekla te kan word.Mayende-Sibiya het gesê die reg op lewe is een van die fundamentele regte wat ten alle koste in Suid-Afrika beskerm moet word.“Ons kan nie geweld toelaat wat ons regte in ’n demokrasie ondermyn nie.”Sy het verwys na slagoffers soos Masego Kgomo (10) van Soshanguve wat wreedaardig vermoor is en gesê haar ministerie is getaak met ’n bewusmakingsveldtog om die vlakke van geweld teen vroue en kinders te verminder.Mayende-Sibiya het gesê die stilte oor rituele moorde moet verbreek word en elke lid van die gemeenskap behoort uit te praat en die polisie te help om mense wat sulke gruweldade pleeg aan die pen te laat ry.Sy het gesê die indaba is ook gereël sodat tradisionele leiers kan help verduidelik wat die grondoor­sake en motiewe vir moetie-moorde is, en wat daartoe lei dat een mens bereid is om ’n ander te “slag”.“Baie meer navorsing moet ook gedoen word sodat ons kan verstaan waarmee ons te doen het.”Mayende-Sibiya het gesê geen geweld kan goedgepraat word nie en gemeenskappe moet ontmoedig word om by heksery en toordery betrokke te raak.Sy het voorts gesê die regering glo in die bevordering van Afrika-kennis en dié kulturele regte en geloofsoortuiginge word deur die Grondwet beskerm.“Tradisionele genesers word erken en is selfs in die vigsraad ingesluit. Hulle het ’n belangrike rol en moet met voorstelle kom hoe moetie-misdade voorkom kan word.”Dr. Gwen Ramokgopa, Tshwane se uitvoerende burgemeester, het gesê daar is skurke onder tradisionele leiers en genesers wat toesien dat die soort moorde voortgaan.“Ons moet hulle ontbloot en vervolg. Dit is ’n euwel wat uitgewis moet word.”- Beeld
Lees meer oor: misdaad moorde

1 comment:

  1. Offenders convicted of violent murder should be executed in SA.

    We now live in a state of lawlessness!

    ReplyDelete