Wednesday, March 17, 2010

Moord op Malema se Faceboek -blad " opgedateer "
















Moorde op Malema se FB-blad ‘opgedateer’





2010-03-17 07:27
Verwante skakels
Boer met kopskoot vermoor
ANC het dié boer se dood veroorsaak’
Boer in Limpopo vermoor
Daniëlla du Plooy, Die BurgerPretoria-’n Aanhanger van Julius Malema plaas “opdaterings” van moorde op boere op die leier van die ANC-jeugliga se Facebook-blad.Een van hulle, Clearence Letlonkane, het die afgelope paar dae elke paar uur opdaterings geplaas van inligting oor boere wat op plase vermoor is, soos berig is op die nuuswebblad News24.Een van dié inskrywings lui: “3 000 farmerz dead since ’94... we lost more people than that... we r far from being even... So kill da boer, kill da farmer.”In ’n ander inskrywing sê hy: “They kept the wealth of our land... the litte riches obtained is not mearly enough to be shared equaly amongst all of us... Hence it is that corruption persists... Crime will not rest until all that was stolen 4rm us is... all regained...”Letlonkane skryf by een van sy plasings “agt mense is op plase in Limpopo vermoor sedert die begin van Februarie”. Nadat hy daaroor uitgevra is, het hy die volgende kommentaar gelewer: “Ek het niemand doodgemaak nie, maar ek staan nie simpatiek teenoor dié wat vermoor is nie... sue me for not shedding a tear.”Malema is nie noodwendig die stigter van die blad of enigsins daarby betrokke nie. Ernst Roets, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, het aangedui hulle gaan die Facebook-plasings gebruik as getuienis tydens die saak wat hulle vir haatspraak teen Malema in die gelykheidshof aanhangig gemaak het.Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANC-jeugliga, kon nie gister vir kommentaar bereik word nie.AfriForum Jeug reël ook ’n protesoptog teen Malema se optrede eerskomende Vrydag in Johannesburg. Volgens Roets is “dit nodig vir die publiek om openlik standpunt in te neem en te wys dat Malema en die jeugliga se optrede nie verder geduld kan word nie”.Tydens die optog gaan ’n griefskrif en ’n lys van meer as 1 600 plaasmoorde aan die ANC-jeugliga oorhandig word. Slagoffers en naasbestaandes van moorde gaan ook deelneem.“Die beeld wat deur die optog geprojekteer gaan word, moet direk in teenstelling wees met die jeugliga en Malema se onverantwoordelike optrede,” het Roets gesê.- Die Burger
Lees meer oor: julius malema plaasmoorde

1 comment:

  1. Malema-gerugte is "nonsens"
    2010-03-17 13:49

    Kaapstad - Die ANC-jeugliga sal nie die Facebook-gebruiker wat die onlangse plaasmoorde op ’n sogenaamde Julius Malema-ondersteunersgroep opgedateer het, vereer nie.

    Dié Facebook-gebruiker, Clearence Letlonkane, wat na die jeugleier verwys as “die orakel”, het talle plaasmoorde op die blad gelys.

    Een van dié inskrywings lui: “3 000 farmerz dead since ’94... we lost more people than that... we r far from being even... So kill da boer, kill da farmer.”

    Floyd Shivambu, die jeugliga-woordvoerder, het gesê nie Malema óf die liga is vir die groep verantwoordelik nie.

    "Mense het nog altyd nonsens op Facebook geskryf. Ons het in die verlede gekla en dit is baie hartseer dat mense Julius Malema se naam vir haatspraak gebruik,” het Shivambu gesê.

    ’n Ander Malema-ondersteuningsgroep is reeds van die sosiale netwerk verwyder nadat haatspraak daarop gepleeg is.

    Hy het ook gesê daar is geen ooreenkoms tussen die liedjie wat Malema oor die moord op boere gesing het en Letlonkane se inskrywings nie.

    "Dié wat voorstel daar is ’n ooreenkoms is dom,” het hy gesê.

    Hy het bygevoeg dat die liedjie nie ‘n lied vir moord is nie, maar dat dit ‘n liedjie is wat in die ANC op alle vlakke en strukture gesing word.

    -News24

    ReplyDelete