Tuesday, March 23, 2010

Wit polisievrou se bevordering in limbo
















Wit polisievrou se bevordering in limbo





2010-03-23 13:23

Verwante skakels
Hof: Bevorder wit kaptein
SAPD: Ons diskrimineer níé teen wit kaptein
'Wit' kaptein sleep base hof toe
Johannesburg - Kapt. Renate Barnard wat ná 'n arbeidshof-beslissing tot superintendent bevorder is, se bevordering is in limbo.Die vakbond Solidariteit is besig om dokumente by die hof in te dien ná die polisie teen dié beslissing appelleer het.Ben Groenewald, Solidariteit se prokureur, het gesê hulle gaan Dinsdag hul dokumente indien in reaksie op die staat se aansoek om verlof tot appèl.Barnard het aansoek gedoen vir die pos van superintendent, maar hoewel sy die beste van al die kandidate gevaar het, het sy nie die werk gekry nie, omdat sy wit is.Op 2 Maart het regter Paul Pretorius die polisiediens beveel om Barnard vanaf Julie 2006 as superintendent aan te stel en haar regskostes te betaal.As Pretorius die polisie se verlof tot appèl verwerp kan hulle dié aansoek na die Appèlhof vir Arbeid neem en as hulle daar onsuksesvol is, kan hulle dié aansoek by die appèlhof indien. Dít is 'n baie lang proses.Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het nog nie bevestig of gesê of hy Barnard gaan bevorder nie."In die stadium is sy ongelukkig in limbo," het Groenewald gesê.– Sapa
Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar
Lees meer oor: sapd rassisme renate barnard

1 comment:

  1. This case should be resolved in the Constitutional Court.

    It effects all South Africans.

    ReplyDelete